Cart
Free Shipping in the UK
Proud to be B-Corp

Afrikaner-Sondebok? Albert Blake

Afrikaner-Sondebok? By Albert Blake

Afrikaner-Sondebok? by Albert Blake


£14,39
Condition - New
Only 2 left

Summary

Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkanting teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wereldoorlog het Afrikaners so aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het.

Afrikaner-Sondebok? Summary

Afrikaner-Sondebok?: Die Lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-Leier by Albert Blake

Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkanting teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wereldoorlog het Afrikaners so aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het. In die vroee 1930's was Van Rensburg egter nog deel van die regering en het 'n blink politieke toekoms vir hom gewink. Hy was die jongste Justisiehoof voordat hy as die jongste administrateur van 'n provinsie aangestel is. Hy was ook 'n regsgeleerde, filosoof, taalkundige en taalstryder, bekwame burokaat, militaris, boer, wildjagter en hengelaar. Sy lewensverhaal strek oor sewe dekades en hy was by al die belangrikste historiese gebeure van 20ste eeu betrokke - van die Anglo-Boereoorlog tot die apartheidsregering. Dit is 'n tydperk waartydens talle ismes hoogty gevier het: imperialisme, nasionalisme, nasionaal-sosialisme, kapitalisme, kommunisme en rassisme. In die verlede is besprekings van Van Rensburg meestal beperk tot sy rol as OB-leier, terwyl hierdie boek ook gaan ondersoek instel na sy rol in die totstandkoming van die apartheidsbewind. Dit is minder bekend dat hy in die vroee 1950's as kommissaris van die Groepsgebiederade - 'n ankerpunt van apartheidsbeleid - aangestel is. Sy konflik met die verantwoordelike minister, PW Botha, het tot sy bedanking gelei. Van Rensburg word dikwels as 'n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In vele opsigte was hy dalk eerder 'n gerieflike sondebok vir die Smuts- en Nasionale Party-regerings.

About Albert Blake

Albert Blake is 'n gewilde niefiksieskrywer wat al sewe boeke die lig laat sien het, waaronder die topverkopers Boereverraaier (2010), Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (2015) en 'n biografie van Robey Leibrandt (2019). Hy is in 2014 deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Louis Hiemstra-prys bekroon vir Boerekryger: 'n Seun se hoogste offer. Sy werke was ook al op die kortlyste vir die kykNET/Rapport-prys, ATKV-Woordveertjies en South African Literature Awards. Hy is 'n navorsingsgenoot aan die Universiteit aan die Vrystaat en praktiseer as prokureur in Gauteng.

Additional information

NLS9781776190867
9781776190867
1776190866
Afrikaner-Sondebok?: Die Lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-Leier by Albert Blake
New
Paperback
Jonathan Ball Publishers SA
2021-07-21
352
N/A
Book picture is for illustrative purposes only, actual binding, cover or edition may vary.
This is a new book - be the first to read this copy. With untouched pages and a perfect binding, your brand new copy is ready to be opened for the first time

Customer Reviews - Afrikaner-Sondebok?