Cart
Free Shipping in Australia
Proud to be B-Corp

Amper Frans Louis Jansen van Vuuren

Amper Frans By Louis Jansen van Vuuren

Amper Frans by Louis Jansen van Vuuren


$40.29
Condition - New
Only 2 left

Summary

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag 'n chateau in die Franse platteland sou besit nie.

Amper Frans Summary

Amper Frans: 'n Lewe van Fanfare en Faux Pas by Louis Jansen van Vuuren

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag 'n chateau in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het - daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans. Om die vervalle chateau saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in 'n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoe geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om 'n hele chateau te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat. Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies. Dit is 'n moet vir Frankofiele!

About Louis Jansen van Vuuren

Louis Jansen van Vuuren is 'n bekende kunstenaar wat al meer as 50 uitstalling in Suid-Afrika en oorsee gehou het. Hy was 'n dosent aan die Universiteit Stellenbosch en die Michaelis-kunsskool in Kaapstad voordat hy hom in die laat 1990's in Frankryk gevestig het. Louis en sy lewensmaat, Hardy Olivier, het lank die La Creuzette-boetiekhotel in Boussac besit. In 2009 het hy en Hardy die boek Feestelike Frankryk/Festive France saam met Anet Pienaar-Vosloo uitgegee. Verskeie van sy kortverhale is al gepubliseer en hy is die skrywer van Die storie van 'n huis en 'n bundel poesie, Tempermes.

Additional information

NLS9781776190461
9781776190461
1776190467
Amper Frans: 'n Lewe van Fanfare en Faux Pas by Louis Jansen van Vuuren
New
Paperback
Jonathan Ball Publishers SA
2020-10-20
256
N/A
Book picture is for illustrative purposes only, actual binding, cover or edition may vary.
This is a new book - be the first to read this copy. With untouched pages and a perfect binding, your brand new copy is ready to be opened for the first time

Customer Reviews - Amper Frans